Ek gaan regtig probeer om al ons goed hier te plaas, as ek dit nie doen mag julle my maar iets aandoen. Dit was net nie moontlik nie, ons het gesukkel met ons internet en die enigste internet wat ons nou het is ons sel. Dit gaan goed hier, wel dit is wat julle wil hoor nê, as ek sê dit gaan sleg wil julle weet hoekom en dit is nie altyd moontlik om te sê hoekom nie, dit is maar moeilik om so ver van jou familie en vriende af te wees en veral jou kinners. Cobus werk baie hard en as ek se baie hard dan bedoel ek baie hard. Hy staan 4 uur op en kom 6 uur by die huis, en hy doen heel dag fiesise werk. julle moet maar my spelling verskoon, want ek was nog nooit baie goed daar in nie. Ek het die 31ste verjaar en ons het vriende oor genooi en dit was baie lekker, Cobus het vir die eerste keer van ons in New Zealand is hom regtig self baie geniet. Hy het ‘n rok aan getrek. Ek dink ek moet vir hom meer rokke koop hahahahahahahahahaha. Dit was baie lekker.
Hallo almal, kom ons probeer weer
Reply